Die Radio Kalahari Orkes tree op by die 33ste Druiwefees in Nylstroom! 11 Januarie 2014

Na lange verwagting sal RKO hul Nylstroom ondersteuners vir die eerste keer vermaak met een van hul vlambojante vertonings op Saterdag 11 Januarie 2014 op die 33ste Druiwefees.
‘n Mens hoor die snaakste, maar ook die vreemdste en ongelooflikste stories in Radio Kalahari Orkes se liedjies. Hulle stel jou bekend aan plekke, tye en karakters wat jy sommer kan sien selfs al kan jy hulle nie sien nie.

RKO Cool pic

Radio Kalahari Orkes is vol skop, lewe, energie en dis terug na die roots, die wortels: kaal, reguit en eerlik.
Hulle kan nie wag nie!

RKO Valentines