Hoërskool Nylstroom se Kwagga-Feesdag – Vrydag, 8 Augustus 2014 – 08:00 tot laatnag in Modimolle

 

Kwagga-Feesdag
Vrydag, 8 Augustus 2014
08:00 tot laatnag

POTJIEKOSKOMPETISIE

Potjiekos-liefhebber,

Hoërskool Nylstroom beplan ‘n opwindende Kwagga-Fees op 8 Augustus 2014.

Dit gaan ‘n dag vol interessanthede en lekker-doen-dinge wees, onder andere die tradisionele Kwagga-kruiwarally, ‘n pretdraf, fietsren, Boeresport, kleurvolle stalletjies om tussen rond te snuffel, heerlike verversings, Mnr & Mej Nylie, ‘n talentkompetisie en die flambojante gaskunstenaars, Armand Hofmeyr, ADAM en Mwha! ; wat ons Nylie-fees sal afsluit.

Maar wat is so ‘n feesdag dan sonder die heerlike geure van ‘n POTJIE wat ons laat watertand … en dis presies hiér waar ons u vernuf wil beproef.

Belangstellendes kan inskryf as besigheidsgroep, vriendekring of familie. Hierdie groepe skryf as BOMA’s in wat op die volgende grondslag bedryf sal word:

Die gasvrou en – heer van u groep, nooi 18 persone (9 pare) om by hulle tafel te sit. Elke gas betaal R50.00 per kaartjie. Die gasvrou versier self haar boma- enige tema mag betrek word. Die gasheer sorg vir die potjie. Al wat u doen, is om heerlik saam te kuier en … miskien u gasheer so nou en dan hand te gee. Die gasvrou sorg ook vir alle bykosse op haar tafel.

Laatmiddag sal die potte beoordeel word, waarop die wenner sal wegstap met die aand se prys.

Daar sal ook ‘n kontantkroeg wees, wat in al u behoeftes sal voorsien. Géén drank mag ingebring word nie. (Ons vra u samewerking hiermee asseblief? ) Ook gaskoeldrank, water en sap sal beskikbaar wees.

Die Nylies vra dus die gemeenskap se ondersteuning en doen ‘n beroep op een en elkeen om die aand saam met hulle te kom geniet.

U is ook welkom om vanaf 19:00 daardie aand, hulle gaskunstenaars, ADAM en Mwha!, se optrede te kom bywoon. Kaartjies kos R100p.p en is by al ons leerders beskikbaar.

Hulle bedank ook graag elke instansie wat tot dusver positief gereageer het. Dankie dat julle hande en sakke ALTYD oop is vir die kinders.

Indien u enige navrae het, kan u gerus die volgende persone kontak:

Jenny Botha – 083 637 8381 of
Marietjie van der Merwe – 082 416 1372

Kom ons ondersteun hulle met hierdie Kwagga-Fees en geniet dit saam met hulle.

Website: http://nylies.co.za