WONDERFUL WOMEN OF THE WATERBERG – 4 OKTOBER 2014

Wonderful Women of the Waterberg word aangebied deur Waterberg Sakekamer & Modimolle Tourism Services ten bate van Nylstroom Ondersteuningsraad.

‘n Heerlike vol program word beplan vir hierdie spesiale geleentheid wat paasvind Saterdag 4 Oktober 2014 by Shangri-La Country Lodge net buite Nylstroom.   Dit is n dag vir die dames om hulself te geniet. ‘n Dag van bederf en ontspanning, terwyl die manne bietjie na die kinders kyk.

Die dag skop af om 10:00 vir 10:30, vir R200 per persoon, waar ons aan ‘n verskeidenheid aktiwiteite gaan deelneem, met baie pryse om  te wen.  Jy kry nie net inspirasie nie, maar ook n heerlike bederf en ietsie spesiaals vir elkeen, met middagete ingesluit.

Hierdie is ’n baie eksklusiewe oggend; daarom is daar net ’n beperkte aantal plekke beskikbaar teen R200 per persoon – en n moet vir elke vrou om beslis daar te wees!!!

Ons Sprekers vir die dag is:

Susan Coetzer

 

Ina Bonnette

(Smarties vir die Siel)    (Modimolle Monster oorwinnaar).

‘n Inspirasie vir elke vrou!!!

Susan gaan op n baie kreatiewe manier betekenis heg aan elke Smartie-kleur.  Soos sy verduidelik, elke Smartie-lekkertjie het ’n harde buitekant en ’n sagte binnekant.” Jou hart sal werklik transformeer tot ’n nuwe, sagte, Geesvervulde sjokolade-hart.  Geen pakkie smarties sal ooit weer dieselfde proe na smarties vir die siel nie!  Sy bring ook van haar boeke saam en sal dit ook teken vir die wat belangstel.

Ina die ‘Modimolle-monster’-slagoffer, wat as oorwinnaar opgestaan het, gaan inspirasie bied met die tema van haar praaitjie “ n Vrou se grootste vrees”  na die skrikwekkende ondervinding waardeer sy gegaan het.

Die Modimolle Monster boek sal ook beskikbaar wees in Afrikaans en Engels en sal Ina ook vir belangstellendes die boek teken.

Deurentyd gaan daar interessante en verskeidenheid stalletjies wees om te besigtig, waar mooi goetertjies/geskenke gekoop kan word, ietsie vir elke oog!

maar dis nie al nie……………

Profile

Vir die wat haar nie ken nie, sy kan nie net mooi sing, kitaar en klavier speel en mense met haar musiek aanraak nie.  Sy komponeer ook haar eie liedjies vandat sy 15 jaar oud is.

Haar musiek styl is Afrikaans, Pop, Rock, Country, Modern Country asook Golden Oldies.  Sy is niemand anders as Sharkie Pietersen en gaan ons vermaak gedurende die dag.

“Wonderful Women of the Waterberg“ gaan n jaarlikse instelling word.

Stalletjies:

Daar is ook advertensie geleentheid vir die wat sou belangstel, om tydens die dag hulle produkte en dienste te kom bemark.  Daar is genoegsame spasie om  advertensiemateriaal en produkte behoorlik ten toon te stel.  Inruil vir die spasie/stalletjie vra ons ‘n prys of geskenkbewys ter waarde van R300 van die produkte wat u verkoop en uitstal tydens die dag.

Indien u uitstal, sal u automaties bloodstelling op ons webwerf geniet www.modimolle.info

Om teleurstelling te voorkom en u belangstel om die dag uit te stal kontak

Sonette Ebersöhn

014 717 4660 / 071 179 8942

 info@waterbergsake.co.za / sonette@modimolle.info